Schalk Bezuidenhout in Voksbesit : Die Boer

Die Boer

15th Nov, 06:30 pm9 days ago
19
15th Nov, 08:00 pm

Na die sukses van verlede jaar se Schalk Bezuidenhout Lewendig is die krulkop-komediant en Kanna-wenner met sy truitjies en skerp tong terug met 'n splinternuwe eenmanvertoning. Want of Schalk nou besig is om meisies op Die Kliek te lei na romantiese uitstappies, die geliefde Danny vertolk in Hotel of vlymskerp waarnemings deel in Jou Nuusminuut, is een ding ’n feit: Schalk Bezuidenhout laat mense skaterlag. Kom kyk hoe hy die draak steek met homself, onsself en al wat heilige koei is na die slagpale lei. Bespreek gou, die kaartjies gaan vlieg nog voor jy kan sê "My goeie voksbesit!"