Die Groot Plaasproe : Die Groot Plaasproe

Die Groot Plaasproe

11th Oct, 06:00 am12 days ago
484
instructive
wine
festival
music
beer
food
competition
13th Oct, 04:00 pm

Die Groot Plaasproe – van bok tot bier!

Die Groot Plaasproe op Sandringham buite Stellenbosch is waar liefhebbers van die plaaslewe en watertand plaaskos kan smul aan roosterkoek, wildsvleis, skaapstertjies, wyn en méér, oor drie dae van Donderdag 11 tot Saterdag 13 Oktober 2018.

Smulpape kan unieke kombinasies soos Bok&Bier (boerbokvleis en boetiekbier) en gewilde eetgoed soos Karoolam-sosaties, Cape Wagyu-hamburgers en handgemaakte roomys proe en koop. Bobaas-braaiers kan inskryf in vir Die Braai Crew!! se braaibroodjie- en steakbraaikompetisies.

Die Groot Plaasproe beloof ‘n proe-ervaring van álles wat die plaaslewe bied: Ontmoet meer as 300 verskillende diere, sien skaaphonde aan die werk en leer hoe wol gespin en koeie gemelk word. Kinders kan ‘n melkbok rondlei, op ‘n ponie ry en saam met miniatuurperde en -donkies kuier.

Op Saterdag 13 Oktober kan groot en klein hul slag wys met boeresport en ‘n Groot Roomys-eet-kompetisie, sokkie en langarm op die maat van die gewilde kunstenaars Die Broers en Wynand en Cheree, of saam met 250 lyndansers leer lyndans met musiek deur Die Wildberries.

Die fees vind daagliks van 08:00 tot 18:00 plaas. Kaartjies is by Computicket en die hek beskikbaar teen R100 vir volwassenes en R30 vir skoliere (gratis op Donderdag en Vrydag).

Toegang vir kinders onder ses jaar is gratis. Pensioenarisse betaal op Donderdag en Vrydag slegs R50. Kaartjies sluit toegang in tot Agri-Expo Livestock, ‘n wêreldklastentoonstelling van die Suid-Afrikaanse vee- en suiwelbedryf, met die kroning van die FNB-Suiwelkoningin en die BKB-Rooivleiskoning/in in die BIOMIN Skouring op Saterdag 13 Oktober as hoogtepunt.

Vir meer inligting, besoek www.diegrootplaasproe.co.za, volg die Groot Plaasproe op Facebook, Twitter of Instagram, of kontak Agri-Expo by 021 975 4440 of admin@agriexpo.co.za.

The Groot Plaasproe – from goat to beer!

The Groot Plaasproe on Sandringham outside Stellenbosch is where lovers of farm life and traditional farm food can enjoy roosterkoek, game meat, skaapstertjies, wine and more, over three days from Thursday 11 to Saturday 13 October 2018.

Food lovers can taste and buy unique combinations such as Bok&Bier (Boer goat meat and craft beer), as well as popular treats such as Karoo lamb sosaties, Wagyu hamburgers and artisan ice-cream. Braai masters are invited to enter Die Braai Crew’s braaibroodjie and steak braai competitions.

The Groot Plaasproe offers a taste experience of all things farm: Meet more than 300 different animals, watch sheepdogs at work, and learn how wool is spun and cows are milked. Kids can lead a milk goat around, ride ponies and play with miniature horses and donkeys.

On Saturday 13 October big and small can participate in boeresport and an ice-cream eating competition, sokkie and langarm (dance) to the tunes of popular artists Die Broers and Wynand en Chereé, or learn to line dance together with a group of 250 line dancers and music by Die Wildberries.

The festival takes place daily from 08:00 to 18:00. Tickets available from Computicket and the gate at R100 for adults, and R30 for scholars (free on Thursday and Friday). Entrance is free for children under six years. Pensioners pay only R50 on Thursday and Friday. Tickets include access to Agri-Expo Livestock, a world-class showcase of the South African livestock and dairy industries, with the crowning of the FNB Dairy Queen and BKB Red Meat King or Queen in the Biomin Show Ring on Saturday 13 October as its highlight.

Visit www.diegrootplaasproe.co.za for more information; follow the Groot Plaasproe on Facebook, Instagram or Twitter, or contact Agri-Expo on 021 975 4440 or admin@agriexpo.co.za.

Bootscooters S.A. Dance Studio

SHOW MORE

Die Groot Plaasproe

Get Directions