A Touch of Class : Barnyard Silverstar

The Barnyard Theatre

17th May, 06:00 pm10 days ago
17
theatre
music
17th May, 08:00 pm

Silverstar Barnyard

17 May - (Thu) - 20:00

Price: R150

‘Hoendervleismooi’ is die perfekte woord om die bekroonde musiekgroep, Touch of Class, se werk op te som. Hierdie duo, Ruhan du Toit en Deon van der Merwe het besluit om hulle uitsonderlike talent saam te span. Vandag spog hulle met ’n nuwe kontemporêre klank, wat aanklank vind by jonk en oud. Deon se instrumentele vernuf en Ruhan se veelsydige vieroktaaf-stem is die perfekte pasmaats en, na dertien albums saam, vermaak hulle gehore met ’n verskeidenheid musiekgenres uit verskillende eras, wat wissel van Country, Klassieke Rock, Rock ’n Roll en Pop, tot Klassieke Musiek, Blues en ander tradsionele musiekstyle. Hul 100 Duisend Perde album wat aanhangers se asems nog steeds behoorlik wegslaan en binne sewe maande platinumverkoopstatus bereik het is nog steeds onder een van die top verkopers. Hulle sielvolle weergawe van die bekende Simon & Garfunkel-treffer, The Sound of Silence, het die gehoor op hulle voete gehad gedurende hulle optredes by Classics is Groot en Afrikaans is Groot in 2016 en die musiekvideo is, sedert die vrystelling in Junie 2016, deur meer as twee miljoen mense op YouTube gekyk.

Aanhangers se asems is verder weggeslaan en geniet tans die album Magic, wat in 2017 binne twee en half maande Goue status bereik het en vir 3 weke no.1 was onder die Afrikaanse Top 20 en 4 weke no.1 van alle afrikaanse albums. Die album spog onderandere met Yesterday saam met Coleske, Total Eclipse of the Heart saam Tarryn Lamb, The Prayer & Vivo Per Lei saam Monique Steyn & dan Miserere saam met Jannie Moolman. Die musiek duo het al die verhoog gedeel met van die land se voorste kunstenaars by van die grootste musiekfeeste en –konserte en doen dan so voort in 2018 en 2019. n Lewendige DVD-opname is ook in die pyplyn vir die duo, wat kort daarna deur hul volgende oorspronklike album sal volg. Touch of Class se roerende en unieke aanslag, doen hulle naam beslis gestand, want dié musikante is regtig in ’n klas van hulle eie. Hierdie musiekmeesters het beslis vir hulself ’n stewige plek in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf kom vestig.

SHOW MORE