Volmaanpiekniek / Full-moon picnic : Afrikaanse Taalmonument

Afrikaanse Taalmonument

13th Jan, 03:00 pm5 months ago
17
food
family
coffee
outdoor
literature
shopping
13th Jan, 08:30 pm

Volmaanpiekniek by die Taalmonument / Full-moon picnic at the Taalmonument (English below)

Glo jy aan die man in die maan of dat die maan van kaas gemaak is? Kom beskou die volmaan van nader vanaf die Afrikaanse Taalmonument op Paarlberg – by die eerste Volmaanpiekniek van die jaar op Vrydag 13 Januarie 2017.

Dié pieknieks is baie gewild onder plaaslike inwoners én oorsese besoekers, wat veral die sonsondergang en naguitsig van die vallei geniet. Besoekers kan enige tyd tussen 17:00 en 22:00 kom piekniek hou. ’n Gratis begeleide toer van die monument word om 18:30 aangebied.

Besoekers is welkom om hul eie piekniekmandjie saam te bring of een (teen R250 vir twee persone, of R350 met ‘n mandjie ingesluit) by Volksmond Koffiewinkel te bestel (tel. 021 863 2800). Volksmond sal oop wees vir koffie en ligte verversings. Besoekers moet onthou om flitse en warm klere saam te bring. Geen honde en vure word toegelaat nie. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer.

Kaartjies kos R25 vir volwassenes, R10 vir SA studente en R5 vir kinders (gratis onder ses jaar) en is by Computicket en by die hek beskikbaar. Geen besprekings is nodig nie. Jaarpermitte is by die Taalmonument beskikbaar teen R120 vir individue of R220 per gesin, wat toegang tot Volmaanpieknieks insluit.

Volmaanpieknieks vind ook plaas op 11 Februarie en 11 Maart 2017. Vir meer inligting oor geleenthede by die Taalmonument, skakel 021 863 0543/4809 of besoek www.taalmonument.co.za.

Die piekniekreeks word aangebied ten bate van Laat ons Lees!, die Taalmuseum se voorleesprojek vir kinders. Piekniekgangers word aangemoedig om ‘n nuwe of tweedehandse kinderboek saam te bring ter ondersteuning van dié projek.

Full-moon picnic at the Taalmonument

Do you believe in the man in the moon or that the moon is made of cheese? Come and take a closer look at the full moon from the Afrikaanse Taalmonument on Paarlberg, at the first Full-moon Picnic of the year on Friday 13 January 2017.

Local as well as international visitors enjoy these picnics for the unbeaten sunset and night time views of the valley.

Visitors can picnic any time between 17:00 and 22:00. A free guided monument tour will take place at 18:30.

Visitors are welcome to bring their own picnic baskets or they can order one (at R250 for two persons, or R350 basket included) from Volksmond Coffee Shop (tel. 021 863 2800). Volksmond will be open for coffee and light refreshments. Visitors are reminded to bring along a torch and warm clothes. No dogs and fires are allowed. Safe parking is available and access is controlled.

Tickets are R25 for adults, R10 for SA students and R5 for children (free under six years), available from Computicket and at the gate. No booking is required. Annual permits are available at the Taalmonument at R120 for individuals or R220 per family, which includes access to Full-moon Picnics.

Full-moon Picnics will also take place on 11 February and 11 March 2017. For more information about events at the Taalmonument, call 021 863 0543/4809 or visit www.taalmonument.co.za.

The picnic series is presented in aid of the Taalmuseum’s reading project for children, Let’s Read! Visitors are encouraged to bring along a new or secondhand children’s book in support of the project.

SHOW MORE