Jannie Moolman en Corlea Botha : Die Boer

Die Boer

13th Sep, 07:30 pm9 days ago
5
music
15th Sep, 09:00 pm

Jannie en Corlea terug met ’n Unforgettable album

Ná die sukses van Jannie en Corlea se eerste duetalbum, Alle paaie lei na Rome, is dié nie-amptelike sangpaar terug met ’n splinternuwe album, wat soos die titel aandui, werklik Unforgettable verwerkings en opnames insluit.

Dié twee sangers is bekend vir hul uitmuntende talent en musikale vermoë. Hulle het 22 jaar gelede ontmoet toe Jannie Moolman die hoofrol in die bekende opera, La bohème, vertolk het en Corlea, tóé slegs agt jaar oud, deel van die koor was.

Hulle het in 2011 vir die eerste keer, as professionele sangers, saam ’n duet van The Prayer by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) opgevoer. Sedertdien het hulle goeie vriende geword en ’n duetalbum was reeds in die sterre geskryf.

“Ek was eintlik bietjie bang vir Jannie toe ek hom ontmoet het, ek was nog ’n klein dogtertjie en hy ’n bekende operasanger. Nou is dit werklik lekker om iemand te ken wat van dieselfde musiek, uit dieselfde era, as ek hou en saam met wie ek dit kan sing. Dit is elke keer vir my ’n hoogtepunt om saam met Jannie op die verhoog te staan,” vertel Corlea.

Unforgettable bevat vyftien snitte, elkeen met ’n romantiese tema. Geliefde musiek soos Love changes everything, Always on my mind, Can’t help falling in love en Quando, Quando, Quando is verwerk en opgeneem om Jannie en Corlea se ongelooflike sangtalent en harmonisering ten toon te stel.

Dié album is by Classics is Groot 2017 bekendgestel en is nou landswyd beskikbaar.

SHOW MORE